The Book, FREEDOM

‘The Answer to All our Questions and Problems lies in this Book. Considering that I have been search-reading for well on 38 years for the Real, Truthful Answers, this book is an Incredible Find!’

James Moffett, founder, WTM Cape Town Centre

_______

FREEDOM: The End Of The Human Condition is the definitive presentation of Australian biologist Jeremy Griffith’s breakthrough explanation of the human condition needed for the complete understanding of human behaviour and the ultimate amelioration of all the underlying psychosis in human life.

The book 'FREEDOM: The End Of The Human Condition' by Jeremy Griffith | World Transformation Movement
FREEDOM by Jeremy Griffith

FREEDOM is freely available to download from the World Transformation Movement

Jeremy Griffith’s other books and publications are also freely available to download

_______

“This book of books, indeed this greatest of all books, effectively takes humanity from a state of bewilderment about the nature of human existence to a state of profound understanding of our lives. It is a case of having got all the truth up in one go! I believe this is the most sensational information to ever appear on planet Earth.”

Professor Harry Prosen, former president of the Canadian Psychiatric Association

You can read this synopsis in English or Afrikaans.

VRYHEID: Die Einde van die Menslike Toestand

deur Jeremy Griffith

Sinopsis

Waarom tree ons, as denkende, rasionele, uiters intelligente, skynbaar verstandige wesens, só genadeloos, mededingend en selfsugtig op dat die lewe byna ondraaglik geraak het en ons ons eie planeet alfeitlik verwoes het? Is ons ʼn gebroke spesie, die een of ander evolusionêre fout, in wese waardelose skepsels – of is onseintlik die opperstehelde in die verhaal van lewe op Aarde? Hoe maakons sin van die ontsagwekkende teenstrydighede inherent aan die menslike toestand? Ja, hoe moet ons onsself werklik verstaan? Want sonder ʼn versoenende, biologiese begrip hiervan kan daar geen werklike gemoedsrus vir die menslike verstand wees nie, geen grondslag vir die noodsaaklike sielkundige rehabilitasie van die mensdom nie.

Dit was egter tot dusver ʼn feitlik onmoontlike taak vir die menslike verstandom dit te waag in die donker hart van hierdie mees onheilspellende van alle grensgebiede, om die probleme van die self,en van wat die menslike toestand werklik behels aan te pak. Wanneer die digter Gerard Manley Hopkins skryf ‘O the mind,mind has mountains; cliffs of fall, frightful, sheer, no-man-fathomed’, erken hy hoe besonder neerdrukkend die probleem van die menslike toestand vir bykans alle mensenog altyd was, en waarom ons dus ons toestand nooit in derwaarheid kon deurgrond nie. ‘In derwaarheid’, want hoewel ontelbare verklarings vir die menslike toestand al wel geopper is, het geen een die probleem van die menslike toestand met opregtheid benader en daarvooroplossings gebied nie.

Maar dit is nie meer die geval nie, sedert die Australiese bioloog Jeremy Griffith dit wel die donker dieptes in gewaag het van wat dit behels om werklik mens te wees, en hy het vorendag gekom met die volledig verantwoordbare, ware verklaring van ons skynbaar onvolmaakte lewens.Oplaas het ons die verlossende en dus omskeppende begrip vir menslike gedrag! Met hierdie nuutgevonde verduideliking kan al die ander uitstaande wetenskaplike geheimenisse oor ons bestaan nou ook verklaar word –die betekenis daarvan, die oorsprong van ons onvoorwaardelik onbaatsugtige morele instinkte, en waarom ons as mense ‘n self-bewussyn ontwikkel het in teenstelling met ander diere. Ja, uiteindelik kan die volle verhaal van die lewe op Aarde vertel word!

Oorsig van inhoud

Hoofstuk 1. ʼn Analise van die ware aard van die menslike toestand en van ons spesie se ingebore vrees vir die onderwerp. Daarmee gepaard is ʼn opsomming van die begrip wat ʼn einde kan bring aan die onderliggende onsekerheid en gevolglike psigose van elke mens se toestanden sodoende elke mens tot ʼn nuwe, menslike-toestandsvrye persoon omskep.

Hoofstuk 2. Waarom en hoe die bioloog E.O. Wilson en die res van die meganistiese wetenskaplikes die mensdom uiteindelik op vervreemding afstuur. Weens ʼn onvermoë om die sielkundige dilemma van die menslike toestand die hoof te bied – ons spesie se skynbaar onverklaarbare vermoë tot beide goed en kwaad – was die mensdom en sy navraagmetode, die meganistiese wetenskap, eintlik in ontkenning van die probleem, en is toenemende oneerlike verskonings vir ons uniek teenstrydige gedrag gebied.

Hoofstuk 3. Die eerlike, menslike-toestands konfronterende, volledig verantwoordbare psigose- en -oplossende, werklike biologiese verduideliking van die menslike toestand. Die menslike toestand het 2 miljoen jaar gelede ontspring toe ons intellek genoegsaam geëvolueer het om beheer te kon neem van ons instinkte — ʼn konflik wat ʼn ontstellende sielkundige toestand te weeg gebring het wat die onderliggende probleem in alle menslike bedrywighed eis.

Hoofstuk 4. Die teleologiese sin van die menslike bestaan. Ter verdediging van die mens se ongestelde toestand, of ongesteldheid, kan ons uiteindelik die ware, integrerende aard van die lewe erken, asook die wette van fisika wat daaroor heers.

Hoofstuk 5. Hoe mense hulle altruïstiese morele siel verkry het. Bewyse vanuit die velde van primatologie en antropologie illustreer hoe ‘liefde-indoktrinasie’, die proses van koestering wat kinders in onbaatsugtige gedrag‘indoktrineer’ aanleiding gegee het tot die opkoms van werklike altruïstiese morele instinkte in ons voorvaders.

Hoofstuk 6. Die meganistiese wetenskap se gevaarlike ontkenning van die koesterende oorsprong van die mens se morele ingesteldheid. Heersende koestering-ontkennende wetenskaplike verklarings vir ons samewerkende gedrag word hierin ontbloot en ontlont. Hierdie deel sluit ook ʼn beskrywing in van die teenkanting wat hierdie verduideliking in die grootste naamskendingshofsaak in Australië se geskiedenis uitgelok het, wat toe uiteindelik gewen is.

Hoofstuk 7. Die volledige verantwoordbare biologiese verduideliking van hoe, waarom en wanneer mense ‘n self-bewussyn ontwikkel het.

Hoofstuk 8. Die ontkenningsvrye vertelling van ons spesie se heldhaftige reis van onkunde na verligting. Die mensdom se reis oor 7+ miljoenjaar van Sahelanthropus tot Homo —’n vordering wat deur ons ontwikkeling van die sielkunde gedrewe is – word vergelyk met die verloop van ʼn individu se lewe: as pasgeborene, kind, adolessent, en volwassene.

Hoofstuk 9. Hoe die behandeling en verduideliking van hierdie psigose, asook die werklike biologiese verduideliking van die menslike toestand, ons spesie se wonde genees en die mensdom omskep.

The books and other publications Jeremy Griffith has written on his breakthrough biological explanation of the human condition are published by WTM Publishing & Communications.